Suid-Afrika het sy eie Cilliers-Spook

Wie van julle het al gehoor van Suid-Afrika se eie Cilliers-Spook? Hy word glo gereeld gesien op agterpaaie in die land van die Kaap tot bo teen die Kunene in Namibië!

In hul boek Knapsak vol Karoo, skryf Chris Marais en Julienne du Toit oor die legende van ʼn ou man by name Theo Cilliers, wat al oor groot dele van die land, insluitende die Karoo, gesien is op agterpaaie in sy afgeleefde ou Isuzu-bakkie. Hy ry glo op paaie waar net motors met vierwielaandrywing veronderstel is om te ry.

Daar is glo mense wat beweer dat hulle hom al ook in Namibië se Kaokoland gesien ry het oor bykans onmoontlike paaie met daardie ou bakkie – so in ʼn spokerige waas.

Redelik onlangs is ʼn Isuzu bakkie-graffiti op die murasie van die ou hotel op Putsonderwater ontdek wat lees: “Theo en Willie”. Dalk het ou Theo Cilliers nou ʼn reisgenoot ook.

Knapsak vol Karoo is oorspronklik in Engels geskryf en vertaal deur Melina Smit en geredigeer deur Jurie en Elsje Taljaard en in 2009 uitgegee deur MLM Uitgewers.

Chris Marais en Julienne du Toit het verskeie reisverhale oor die Karoo al die lig laat sien. Dit kan by die e-Boekwinkel. gesien en be stel word.

0
Tagged : /