MEER OOR ONS

Ek is Jan Cilliers, gebore en getoë in Usakos, in die ou Suidwes-Afrika, deesdae Namibië.

Ek en my vrou Helma, woon in ‘n aftree-oord in Durbanville in die Kaap. Ek het etlike jare gelede begin met navorsing oor die Cilliers-stamboom en dit opgeteken met behulp van die Legacy-program. 

My persoonlike tak van die familie het ek al teruggespoor tot verby die stamvader tot by sy oupa in Frankryk. Laasgenoemde was met die hulp van Dr. Ellen Couvret van Amsterdam. Ons Cilliers-stammoeder was natuurlik Elisabeth Couvret. Ek is ook baie dank verskuldig aan Mariana Olivier wat haar navorsing oor die familie met my gedeel het.

Ek gaan nog voort om die Cilliers-stamboom uit te brei, maar gaan my ook nou toelê op die bymekaarmaak van stories en verhale oor ons groot familie, soos uiteengesit op die voorblad van hierdie webjoernaal.