Cilliers logo

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.

Welkom by ons Webjoernaal vir stories oor die groot Cilliers-, Celliers- en Cillié-families. Dit gaan oor stories in ons alledaagse lewe, oor stories uit die verlede of stories oor familie.

Wil Jy ook deel wees van die stories van die groot Cilliers, Celliers en Cillié Familie en weet waar jy inpas?
HIERMEE KAN ONS JOU HELP! DIT GELD VIR AL DIE FAMILIES MET DIE VANNE CILLIERS, CELLIERS EN CILLIÉ
EN OOK ALLE AANGETROUDES EN INGETROUDES.

Goeie dag al jul pragtige familie. Ek praat nou met almal van die groot Cilliers-, Celliers- en Cillié-familie en ook almal wat in hierdie familie ingetrou het! Hierdie webjoernaal is spesiaal sodat ons familiestories en selfs ook legendes oor die familie bymekaar kan maak om sodoende stories van die Cilliers-, Celliers- en Cillié-familie op te teken!

Ek het myself aangestel om hierdie groot werk aan te pak en vra groot asseblief almal se hulp en samewerking.

Ai, asseblief mense! Kom ons span saam en skryf die stories oor die familie sodat ek dit net hier kan publiseer. Later gaan ek dit alles saambundel in die vorm van ‘n e-boek en aanlyn beskikbaar stel – gratis en verniet! En dit hoef nie lang stories te wees nie. Kort stories is ewe welkom. As jy dink jy kan nie so lekker skryf nie, stuur net vir my die inligting dan skryf dit vir jou!

Ek het ‘n spesiale blad hiervoor opgelaai- reg onder hierdie blad. Hier kan julle jul stories vir my oplaai en ook jul foto’s

Hier is ‘n paar riglyne. Stuur vir my:

Familiestories van jouself, jou broers en susters, pa en ma, oupas en oumas of enige familielid of legendes in jul familie (snaaks, hartseer of sommer net interessant);
Mooi ou familiefoto’s met kortliks wie die mense is of was; verwantskap met mekaar en by watter geleentheid die foto geneem is;

Twee versoeke:

  1. Moet asb. nie te veel deftige formaterings met lettertipes en bladuitleg gebruik nie, hoe “skoner” en eenvoudiger die teks, hoe beter.
  2. Moet asb. nie ook nie foto’s of illustrasies binne in die teks plaas nie, maar verskaf dit liefs apart as goeie gehalte jpeg.
    Jy kan dit per epos stuur deur hier te klik. Jy kan dit ook per Whatsapp oor jou selfoon stuur. Klik hier vir die nommer.
    Verder vra ek baie mooi dat jy asseblief die webjoernaal sal volg sodat jy kennis kan kry van elke nuwe plasing daarop! Vul net die vormpie met jou epos-adres in. Dit bly in my besit en net ek sal daarvan weet!

Ek sal dit ook baie hoog op prys as as jy ons Blog sal “LIKE”deur op die handjie met die duim op te klik!

Ek het ʼn legende hier geplaas wat as riglyn kan dien! Lees gerus oor die Cilliers-spook van die Namib!

Dan is hier ook my herinneringe oor my Vader wat ʼn baie veelsydige mens was en enige seun se droom vir ʼn vader. Omdat dit te veel plek sal opneem as een storie het ek dit in twee gedeel. Die tweede deel sal ek later plaas.

Voorts vra ek baie mooi dat jy asseblief deel van die webjoernaal sal word sodat ek jou kan laat weet van elke nuwe  plasing daarop!  Voltooi net die vorm vir die nuusbrief met jou naam en van, selnommer en  epos-adres. Dit bly in my besit en net ek sal daarvan weet!

Ek gaan van tyd tot tyd ‘n nuusbrief uitstuur met  interessante nuus oor die familie en wil seker maak jy ontvang dit.

Ek sal dit ook baie hoog op prys as as jy van ons Webjoernaal sal hou deur op die handjie met die duim op onder aan die stories op die webjoernaal te klik!

So, laat waai. Ek maak staat op jou hulp!

Jan Cilliers

Durbanville

 


STUUR VIR ONS JOU STORIES
en FOTO’S


KLIK HIER