Die Krokodil, die Kleinhuisie en ‘n Jongmeisie met ‘n Nood

Deur Driekie Grobler

Deur die jare kan kinder-herinneringe vervaag – maar sekere insidente word vir ewig in die geheue vasgebrand.

So gebeur dit dat ek en manlief onlangs, elkeen met ‘n koppie tee in die hand, op die stoep sit en gesels. Ons gedagtes toelaat om op ver-ver, amper vergete, paaie van onthou-jy-nog terug te loop. Dis hoe die buitetoilet weer ter sprake kom.

My gedagtes roep spesifiek die ene by Ouma- en Oupagrootjie se plaashuis. Dirkiesrus, doer anderkant Vryburg-distrik, Stella se kant toe, op. Ek was ‘n opgeskote jongmeisie. Die oudste van die agterkleinkinders en moes altyd almal onder oog hou en help waar ek kan. Al wat ek regtig goed kan onthou van die plaas, is die volstruise, die likkewaan en natuurlik die buitetoilet. Dié het ‘n hele ent van die plaashuis af gestaan. Ons het gepraat van die kleinhuisie. Dit was nou nie juis die gewildste plekkie op die plaas nie, maar ‘n noodsaaklikheid om daagliks te besoek as die nood sou roep. Die paadjie na die kleinhuisie was goed uitgetrap. Kronkelend deur veldgras en bossies, met die volstruiskamp daarnaas. Die sinkdeur het aan die binnekant met ‘n hakkie aan ‘n ogie vasgehaak en bo, naby die sinkdak, was verskeie lig- en luggate. Die helfte van die houtvloer se ruimte was ingeneem deur ‘n breë, meter hoë houtbank met ‘n ronde gat in die middel. Eenkant op die houtbank was ‘n blaker met ‘n kers en pakkie Lions-vuurhoutjies. Aan die anderkant ou verweerde, sat geleesde tydskrifte, waarvan die meeste Landbouweekblaaie was. Dan was daar die houtkassie met die stukkies koerantpapier, netjies in vierkante geskeur. Om dit sag genoeg te kry moes jy dit soos wasgoed tussen die hande vryf. Hoe langer jy vryf, hoe sagter was jou toiletpapier. Wanneer een van die kleintjies nood kry, moes ek gewoonlik saam om te help. Self was ek ook maar lugtig om so ontbloot op die gat te sit, want ‘n mens het nooit geweet watse ongediertes daaronder uitbroei nie. Of goed daaronder nie dalk die krag of vermoë het om tot bo te klim en met skerp tande of knypers aan te val nie. Dit was dus nie ‘n sit-en-kuier plek nie, maar ‘n doen-en-kry-klaar plek.

So stap ek eendag met ‘n kleintjie aan die hand die veldpaadjie af kleinhuisie toe, net om halfpad viervoet vas te steek. Voor die sinkhuisie se deur lê ‘n gevaarlike ongedierte. Soos blits swaai ons om, hol en stoei om voor te kom. Al skreeuend plaashuis toe. So in die hardloop kom die gesmoorde krete uit: “Krokodil! Krokodil!” Die kleintjie se nood word sommer so in die hardloop, streep-streep verlig. Ma storm uit met ‘n besem. Oupa met sy geweer. Die ander grootmense, met wat ookal hulle in die hande kon kry en raakgryp. Ouma probeer troos en kalmeer met suikerwater. Na wat soos ‘n ewigheid voel, kom Oupa triomfantelik, met die gedierte swaaiend aan sy stert, aangestap en gooi dit leweloos op die stoep neer.

“Dis die vervloekste likkewaan wat my hoendereiers so steel

+Hou van4

DEEL DIE STORIE

Share on facebook
Share on twitter
Share on linkedin

Leave a Comment